Cyril getuig vandag by Zondo-hulle

President Cyril Ramaphosa getuig vandag voor die staatskapingskommissie in sy hoedanigheid as president van die ANC en voormalige adjunkpresident gedurende die Jacob Zuma-era. Die voormalige Uitvoerende Hoof van Eskom, Brian Molefe, was een van die mense wat Ramaphosa betrek het tydens sy getuienis voor die kommissie. Hy het die president daarvan beskuldig dat hy sy politieke mag gebruik het om die multinasionale maatskappy Glencore te help. DA-leier John Steenhuisen sê hy sal vandag persoonlik daar wees om Ramaphosa se getuienis aan te hoor.