Veldwagters in Afrika word beloon

Die benoemings het geopen vir die 2022 Afrika-bewaringstoekennings wat by die Afrika-veldwagter-kongres in Kasane in Botswana plaasvind. Die toekennings gee erkenning aan natuurbewaarders regoor Afrika wat ‘n belangrike rol in die beskerming van bedreigde spesies speel. Die uitvoerende hoof van die Veldwagtersvereniging van Afrika, Andrew Campbell, sê die toekennings sal ook die behoefte beklemtoon om op breër bewaringspogings in Afrika te fokus, ter ondersteuning van alle spesies en landskappe. Die vereniging sal die geleentheid van 14 tot 18 September aanbied.