Veldwagter vasgetrek vir ietermagô-smokkelary

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke verwelkom die inhegtenisneming van individue wat betrokke was by die onwettige verkoop van ‘n lewende ietermagô in Hoedspruit in Limpopo. SANParke het met die polisie, Care for Wild Rhino Sanctuary, Focused Conservation Solutions, en plaaswagforums saamgespan in die suksesvolle arrestasie. Een van die individue wat in hegtenis geneem is, is ‘n SANParke-veldwagter van die Letaba-afdeling. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê ondersoeke is aan die gang, en die name van diegene wat in hegtenis geneem is, sal mettertyd bekend gemaak word.