Veldwagter op Dyer-eiland deur Disney Bewaringsfonds geborg

Die beskerming van wilde, bedreigde Wes-Kaapse seevoëls het dié week ‘n verdere hupstoot gekry, met ‘n seevoëlwagter wat nou permanent op Dyer-eiland gestasioneer sal wees. Die veldwagter se aanstelling kom ná ‘n ruim finansiële skenking deur die Disney Bewaringsfonds. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.