Veldtog teen mensehandel in Noordkaap

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, en die Noord-Kaapse LUR vir maatskaplike Ootwikkeling, Nontobeko Vilakazi, het op ‘n tweedaagse veldtog teen mensehandel en geslagsgeweld in Upington vertrek. ‘n Woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die gebied langs die N14 word beskou as ‘n bron en deurgang vir mensehandelsindikate omdat dit die provinsie met die Oos-Kaap, Vrystaat en Wes-Kaap verbind.