Veldtog teen kuberboelies

Kuberboeliery is boelies wat op digitale toestelle soos selfone, rekenaars en tablette deur middel van SMS’e, teks, aanlynspeletjies, toeps of op sosialemediaplatforms bedrywig is. Kuberboeliery kan die deel van negatiewe, skadelike en vals inligting insluit wat persoonlike of private inligting insluit om iemand skade te berokken. Dit kan selfs die grens van onwettige of misdaadgedrag oorsteek. In Namibië is tans geen spesifieke wet vir kuberboeliery nie, maar dit beteken nie daar kan niks daaraan gedoen word nie. Rapporteer kuberboeliery by Stop Cyber Bullying Namibia. Megan Kruger, ‘n vierde jaar regestudent aan die Universiteit van Namibië het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle tans besig is met die Stop Cyber Bullying Namibia-veldtog.