Veldtog om voedselnood in Mosambiek te verlig

Die Suid-Afrikaanse voedselsekerheidsaktivis Thabo Olivier het ‘n veldtog van stapel gestuur om die voedselnood in Mosambiek te verlig. Hy besoek die land om vlugtelinge op te lei om hulle eie groentetuine aan te plant. Hy het onlangs kos uitgedeel aan meer as 3 000 vlugtelinge in Nampula. Olivier is nou gereed om na Cabo Delgado te reis waar hy nog mense sal oplei. Hy sal dan terugkeer na die Sentrale Universiteit van Tegnologie in die Vrystaat en aanbevelings doen oor maniere om voedselsekerheid te bevorder.