Veldbrande: Otjozondjupa het gereedheidsplan

Die veldbrand-seisoen is hier en verlede jaar is honderde duisende hektaar verwoes. Die Otjozondjupa-streek het die ergste deurgeloop met amper 86 000 hektaar wat afgebrand het. Die streeksgoewerneur James Uerikua sê daar kan nie net op nooddienste staatgemaak word nie. In sy mening is dit ‘n gemeenskapskwessie ook en hulle het ‘n gereedheidsplan.