Veldbrande: Multisektorale taakspan nodig in Noord-Kaap

Die DA in die Noord-Kaap doen ʼn beroep op premier Zamani Saul om dringend ʼn multisektorale veldbrandtaakspan saam te stel. Die span moet die oorsake van onlangse veldbrande in Danielskuil, Kuruman en Postmasburg ontleed, na reaksietye op veldbrande kyk en die regering se sorg ná ʼn veldbrand ondersoek. ʼn DA-woordvoerder, Harold McGluwa, sê die versoek kom nadat hulle met boere vergader het wat deur die brande by Danielskuil geraak is, asook ná ʼn oorsigbesoek aan ʼn plaas in die Kuruman-gebied wat onlangs omvattende skade gely het: