Veldbrande kan vermeerder in toekoms

Brand-waarskuwings in die buurland het vanjaar met 6 persent toegeneem teenoor verlede jaar. Global Forest Watch sê die land sal waarskynlik in die komende jare meer intens te doen kry met wegholbrande wat deur klimaatsverandering veroorsaak word. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewing-ministerie, gesels wat ‘n beoordeling gee van die veldbrande wat vanjaar plaasgevind het.