Oorwinnings vir Bulle, Leeus, Stormers

Die Haaie het swaargekry op Loftus Versfeld, waar die Bulle se aanslag teen hulle ses drieë ingesluit het vir ‘n 44-10 oorwinning in hulle Verenigde Kampioenskap-wedstryd. In Johannesburg kon selfs ‘n rooikaart halfpad deur die eerste helfte nie die Leeus stuit nie. Hulle het Walliese span, Dragons met 49-24 kafgedraf. En in Stellenbosch het die Stormers na vier agtereenvolgende nederlae vroeër, met 31-7 oor die Italiaanse span Zebre geseëvier.