Veldbrand woed steeds in die berge by Okahandja

Gideon Maletsky van die Okahandja-brandweer sê die veldbrand wat gistermiddag net noord van die skietbaan by die Osona-weermagbasis ontstaan het, brand nog steeds. Hy sê die brand by die weermagbasis is onder beheer, maar dit woed steeds in die berge wat met voertuie onbegaanbaar is. Maletsky verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dit is moeilik om die vuur in die berge te bestry.