Swanu bekommerd oor staats se regsverteenwoordiging in Nchindo-saak

Na die ondersoek van die skietvoorval van die drie Nchindo- broers en hul Zambiese neef deur Botswana-weermagsoldate, het Tangeni Iiyambo, die president van Swanu, vandag sy kommer aan die minister van justisie, Yvonne Dausab, uitgespreek oor die staat se regsverteenwoordiging vir die Nchindo-familie in die Kasane-hof. Die veteraan politikus het sy vraag vandag in die Nasionale Vergadering aan Dausab gevra, maar die minister was nie teenwoordig in die parlement om hom te antwoord nie.