Veldbrand woed by Gamsberg

‘n Veldbrand woed by die Gamsberg in die Khomas-Hochland wes van Windhoek. Marshal Ranger Sean Naude sê die brand is op pad om in ‘n oostelike rigting na die plaas Weener te versprei. Hy sê die brand is bo-op die Gamsberg en brandbestryders is besig om om die berg uit te klim om die vlamme te blus.