Veldbrand in berge agter Eros

‘n Veldbrand het in die berge in Windhoek se Eros-woonbuurt in die omgewing van Olof Palmestraat uitgebreek. Daar is reeds brandweer en nooddienste op die toneel om die vlamme te blus. Marshal Ranger Sean Naude sê aan Kosmos 94.1 Nuus hopelik versprei die brand nie na Ludwigsdorf nie.