Veilige, betroubare en doeltreffende vervoerstelsel in SA nodig

Die minister van vervoer in die buurland, Sindisiwe Chikunga, sê die sukses van handel binne Suid-Afrika se grense en daarbuite is afhanklik van ‘n veilige, betroubare en doeltreffende vervoerstelsel. Chikunga het die Padvragvereniging se konferensie in George in die Suid-Kaap toegespreek. Sy sê die vervoerstelsel moet genoegsaam geïntegreer wees om maklike toegang te verseker en behoort integrasie tussen die onderskeie modusse te vergemaklik. Chikunga voeg by die oordrag van goedere van die land se hawens af, per pad, na hulle eindbestemmings moet ook goed bestuur word.