Veediesftal vergadering gaan voort op Otjiwarongo

Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua sê die vergadering oor veediefstal in sy streek wat vir vanmiddag belê is sal voortgaan, ten spyte van die moeilike tyd waardeur die land gaan. Die misdaad is ‘n ernstige uitdaging vir boere regoor die land en het tussen 2015 en 2020 skade van byna 220 miljoen Namibiese dollar aan die sektor berokken. Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.