Veediefstal kry swaarder vonnisse as misdade teen kinders – hoekom?

Die Wêreld Kinderdag-herdenking wat die naweek en Maandag langs die kus plaasgevind het, het interessante insette ontvang. Onder van die menings, van Botswana se Nasionale Kinderkonsultatiewe Forum, was vonnisse wat vir misdade teen kinders opgelê word. Nes plaaslik, het Botswana ook uiters lang vonnisse vir veediefstal maar misdade teen kinders, en selfs moord en verkragting, geniet nie die tipe aandag nie. Die forum se president, Unaludo Masego Isaac, deel van 400 kinders wat die vieringe bygewoon het, sê dat ten spyte van die vordering wat deur Botswana en ander Afrikalande gemaak is, is daar ‘n behoefte om pogings te verdubbel, nie net in die opvoeding van kinders nie maar op alle gebiede wat ‘n bedreiging vir die welstand van kinders inhou, en dit sluit vonnisse in.