Veediefstal in Namibië kommerwekkend

Die vlak van veediefstal in Namibië is kommerwekkend. Drie mans, 42, 38 en 21 jaar oud, is met ‘n gesteelde beeskarkas by die Masivi-padblokkade in die Kavango-Oos-streek vasgetrek, en boonop glo probeer om ‘n polisiebeampte om te koop. Generaal-majoor Joseph Shikongo van die Namibiese polisie het onlangs streke besoek om met boere te gesels om saam ‘n oplossing vir veediefstal te vind. Shikongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê daar is verbetering, maar baie moet nog gedoen word.