Veediefstal: Dinge raak woes in Zambezi

Polisie in die Zambezi-streek het volgens berigte kommer oor toenemende gevalle van veediefstal wat na bewering deur landsburgers van Zambië uitgevoer word. Volgens die streek se woordvoerder, Zisco Sitali, word die veediewe ook al hoe meer verwaand en gewelddadig. Die veediewe dreig boere met vuurwapens en slaan dan vlug in met die diere. Hy voeg by dat tussen 22 April en 22 Augustus vanjaar is daar 186 stuks vee gesteel. Daar is 15 sake in die verband reeds oopgemaak maar tot dusver is net 88 van die diere teruggevind. Grenspatrollies word wel uitgevoer maar sommige gebiede is onbegaanbaar. Boere word gemaan om baie goed na hulle diere om te sien.