Veebemarking neem af, invoere van verwerkte vleis is hoog

Volgens die jongste verslag van die Namibiese Vleisraad, is daar net minder as 58 000 bees in die derde kwartaal bemark teenoor die meer as 72 500 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit verteenwoordig ‘n daling van net meer as 20 persent. Die Vleisraad sê die 14,5 persent afname in uitvoere, amper 40 persent daling in slag aktiwiteite en 18 persent minder uitvoere op die hoef het tot die daling bygedra. Die landbouminister Calle Schlettwein het die naweek gesê dat abattoirs in die land onder druk is omdat daar nie genoeg diere op aanbod is nie. Hy het ook gemaan dat waarde toegevoeg moet word aan landbouprodukte voor hulle uitgevoer word. Sy stelling word ondersteun deur die Vleisraad se verslag wat sê amper 1 700 ton beesvleis is in die derde kwartaal ingevoer. Die invoere bestaan uit blikkies vlies, wat amper 69 persent van die totaal beslaan, sowel as afval, op 21 persent, en vleispasteie wat 10 persent beslaan.