Veearts verduidelik hoe toetse vir voëlgriep werk

Namibiërs wag in spanning vir die uitslag van die monsters wat van seevoëls geneem is om te bepaal of hulle voëlgriep het. Die vrektes van kormorante en seeswaeltjies tussen Walvisbaai en Swakopmund, en die vrektes van ander voëlspesies by die guano-platform net noord van Walvisbaai wek kommer. Die kantoor van die staatsveearts het reeds monsters geneem wat op die oomblik ontleed word om te bepaal of die seevoëls voëlgriep onder lede het. Dr Theuns Laubscher, ‘n veearts van die Windhoek Veeartsenykliniek verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe lank toetse vir voëlgriep neem.