Vee- en wilddieefstal regoor die land aangemeld

Daar is verskeie gevalle van veediefstal en wildstropery deur die Namibiese polisie aangemeld. Op Dordabis is ‘n man vas na hy en ‘n makker ‘n koedoebul op plaas Hamis geskiet het. Die plaaswerkers het die skoot gehoor en vinnige reaksie van die polisie het vir die arrestasie gesorg. Die ander stroper het met die jaggeweer gevlug en die ondersoek duur voort. Op Outjo is vier skaap gesteel nadat die wagter aangerand is. Die diewe het met die skape gevlug en die ondersoek duur voort. Op Keetmanshoop is twee verdagtes vas nadat hulle met ‘n skaapkarkas gevind is en nie voldoende kon verduidelik hoe hulle in besit daarvan gekom het  nie. Op Nkurenkuru is ‘n man, 51, gearresteer nadat hy met twee ietermagô-velle en ‘n luiperdvel gevind is. Die voertuig waarin hy gery het is ook geskud. En op Rehoboth het ‘n boer vier bees verloor. Die diere is geslag en die diewe is weg met die vleis.