Desember sal waarskynlik nie beurtkrag hê nie

Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa, sê die buurland sal waarskynlik in Desember ononderbroke elektrisiteitstoevoer kan geniet. Dit is ten spyte van fase ses wat verlede week van toepassing was. Hy sê werk is aan die gang om twee opwekkingseenhede by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga binne die volgende paar weke weer in gebruik te neem. Ramokgopa het herhaal dat indien Eskom ’n bykomende buffer bou, die land minder geneig sal wees tot groot wisselings in beurtkragfases: