Variante verander nie Covid nie

‘n Kenner in navorsing oor Covid-19 aan die Universiteit van Wes-Kaapland, Bertram Fielding, sê dit is nie ‘n verrassing dat nuwe variante van die korona-virus in Suid-Afrika voorkom nie. Hy sê hoewel mutasies in die virus plaasvind om nuwe variante te vorm, vind daar nie ‘n wesenlike verandering aan die virus plaas nie. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het bevestig dat 15 gevalle van variante wat algemeen in Indië, Europa en Noord-Amerika voorkom in Suid-Afrika gediagnoseer is. Fielding sê alle protokol moet steeds gehandhaaf word: