Vandalisme van treinspore in Wes-Kaap kommerwekkend

Die DA in die Wes-Kaap is bekommerd oor die uitwerking op inwoners wat van openbare vervoer afhanklik is ná Metrorail se aankondiging dat die suidelike lyn in Kaapstad weens vandalisme minstens ‘n week buite werking sal wees. Dit volg skaars twee weke nadat voorvalle van vandalisme verskeie dienste op die noordelike lyn tot stilstand gebring het. ‘n DA-lid van die wetgewer, Ricardo McKenzie, sê ten spyte van ondernemings deur spoorowerhede, het treindienste op weeksdae afgeneem van 444 per dag in 2019 tot net 151.