Vandalisasie van netwerktorings duur voort

Ten spyte van waarskuwings om op te hou met die onwettige aktiwiteite, gaan lede van die publiek in die Omusati-streek voort om telekommunikasie-infrastruktuur te vandaliseer, wat konnektiwiteit in die streek ontwrig. Die mees onlangse voorval was die vandalisasie van ‘n Mobile Telecommunication netwerktoring naby Omakange in die Ruacana-kiesafdeling. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met MTC se kommunikasie bestuurder, John Ekongo, wat die voorval betreur maar sê hulle gaan steeds belê in kwaliteit konnektiwiteit vir almal.