Vandag moet jy die lewe vier, dis Wêreld-partytjiedag

Dis vandag Wêreld-partytjiedag wat geïnspireer is deur die roman van Vanna Borita, Flight: A Quantum Fiction. Die boek is in 1995 uitgegee en aan die einde is daar ‘n aftelling na 3 April 2000 waar ‘n gesinkroniseerde viering wêreldwyd gehou word. Die idee agter Wêreld-partytjiedag is dat die teenoorgestelde van oorlog en swaarkry nie passiewe vrede is nie, maar dat mense aktief die lewe vier.