Mutorwa sê staatsvoertuie is te min en oud

Die Namibiese vervoerminister John Mutorwa sê daar is ‘n gebrek aan staatsvoertuie aangesien die huidige vloot wat uit 3 100 voertuie bestaan, oud is. Hy sê die laaste verkryging van die staatsvloot was ‘n dekade gelede, weens fiskale uitdagings. Volgens Mutorwa het dit dus duur geword om onderhoud en herstelwerk aan staatsvoertuie aan die gang te hou. Hy sê die begrotingsaanwysing is onvoldoende om noodsaaklike vervoerdienste te kan onderhou. Die vervoerminister versoek dat ‘n bedrag van meer as 105,21 miljoen Namibiese dollar in sy begroting aan die staatsgarage gesentraliseerde ondersteunings-administrasie toegeken word.