Vandag 10 jaar gelede het Osama Bin Ladin gesterf

Dit is vandag presies 10 jaar gelede op 2 Mei 2011 dat Osama Bin Ladin tydens ‘n Amerikaanse militêre operasie in Pakistan dood is. Al-Qaeda wil intussen ‘n oorlog soos dit gestel is, op alle fronte teen Amerika voer te midde van die ontrekking van Amerika uit Afghanistan.Amerika, het reeds begin met die ontrekking en dis die begin van die einde van wat president Joe Biden die ewige oorlog noem. Nuusagentskappe berig dat die VSA en die NAVO-lande al amper 20 jaar in Afghanistan is.