Job oor die hoofstad se sogenaamde ousus rol

Die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda, sê die hoofstad het ‘n morele verpligting om kleiner dorpsrade by te staan. Hy beskryf dit as die rol van ‘n ousus. Hy sê Stad Windhoek is daartoe verbind om Okakarara, Ongangwa, Oranjemund en Maltahöhe by staan met kwessies soos afval bestuur, beleidskepping en goeie bestuur. Hy het bygevoeg dat sy kantoor ook met Keetmanshoop, Gibeon en Khorixas ontmoet om wedersydse belange en bystand te bespreek. In sy mening is dit in die nasionale belang om seker te maak dat almal goed vorder en dit sal migrasie na die hoofstad beperk wanneer kleiner dorpe presteer.