Vanaand is dit Rafa en Novak in Franse Ope

Tennis: ‘n Reuse-stryd word vanaand op die Franse Ope verwag wanneer die 13-malige kampioen, Rafael Nadal van Spanje, te staan kom teen die wêreld se nommer een-speler, Novak Djokovic, om ‘n plek in die halfeindstryd. Die Serwiër het Nadal verlede jaar in die halfeindronde geklop en uiteindelik die titel die tweede keer ingepalm. Die derde-gekeurde Alexander Zverev van Duitsland en die opwindende jong Spanjaard Carlos Alcaraz speel vanmiddag teen mekaar in die eerste kwarteindstryd. Maandag is beide die tweede-gekeurde Rus Daniil Medvedev, en Stefanos Tsitsipas van Griekeland, wat vierde gekeur was, huis toe gestuur.