Van Wyk hoor vandag oor verkragting-klag

Jeremia van Wyk, 52, sal vandag hoor of hy skuldig bevind word aan fisiese verkragting, of nie. Van Wyk het skuldig gepleit maar, nie op verkragting nie omdat hy ontken dat hy ‘n vyfjarige kleuter verkrag het en sê hy het haar net onsedelik aangerand. Die staat het geweier om sy pleit op die verkragting klag te aanvaar maar, het dit op die klag van ontvoering, aanvaar. Die saak het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur omdat hy vermoedelik ‘n kleuter by haar kleuterskool ontvoer het op 1 Augustus 2019. Die dogtertjie is bekend aan hom. Hy het gesê hy was onder die invloed van drank en dwelm tydens die insident. Die kind was volgens berigte meer as agt ure in sy geselskap voor sy saam met hom in ‘n kroeg gevind is. Regter Naomi Shivute sal die uitspraak lewer.