Van verhoudings tot selfone – Fishrot-lot woeker in die tronk

Plaaslike media berig dat die Fishrot-beskuldigdes betrokke is by verskeie oortredings van beamptes van korrektiewe dienste. ‘n Beampte is genoodsaak om te bedank na daar bevind is die beampte was in ‘n telefoniese verhouding met een van die Fishrot-verdagtes. Nog ‘n beampte is tans geskors nadat hy gevang is met ‘n selfoon wat hy na een van die verdagtes wou smokkel en nog een is ook geskors nadat hy een van die verdagtes na ‘n werkswinkel in die noordelike nywerheidsgebied vervoer het sonder toestemming. Die hoof van die diens, kommissaris Raphael Hamunyela het die insidente bevestig en sê elke keer wat ongerymdhede opgemerk word, word die personeel wat kontak met die verdagtes het, geskuif na ‘n ander afdeling toe.