Van Ryn vat weer wêreldprys vir brandewyn

Van Ryn se 15-jaar-oue potketelbrandewyn is die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die wêreld se Beste Wynbrandewyn op die 2024 Wêrelddranktoekennings. Dit het mededingers van ander Suid-Afrikaanse distilleerders, soos Frankryk, Spanje en Australië uitgestof. Dit is die vierde keer in vyf jaar dat Van Ryn die gesogte titel inpalm. Die brandewyn, wat in Franse eikehoutvate verouder is, bied ‘n grasieuse profiel met geure van drop, toffie en steenvrugte. Die versnitmeester Marlene Bester prys die span se toewyding en nooi geesdriftiges uit om hulle reeks aanlyn of by die distilleerdery in Stellenbosch te ontdek.