Van der Walt se dood het geen impak op Thales-verhoor nie

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika sê die dood van die ouditeur Johan van der Walt sal geen uitwerking hê op die wapenhandel-verhoor van oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy Thales nie. Van der Walt, wat by FTI Consulting gewerk het, was die hoofgetuie en hy het die forensiese verslag geskryf vir die verhoor, wat na verwagting volgende maand in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg hervat sal word. Die woordvoerder van die NVG, Mthunzi Mhaga, sê die maatskappy behou die reg oor hoe die getuienis gelewer sal word en ‘n ander forensiese boekhouer sal die verslag aanbied.