Valke ondersoek verdagte grondtransaksies in Tshwane

Dis nie net in Namibië waar daar verdagte grondtransaksies op dorpe plaasvind nie. In Suid-Afrika verwelkom die Tshwane-metro die vordering wat die Valke maak in hul ondersoek na ‘n reeks verdagte grondaankope deur die ANC toe hulle tot 2016 in beheer van die stad was. Die DA-koalisie in Tshwane het gevra dat die transaksies vir ‘n aantal stukke grond in Strydfontein en Klipfontein stafregtelik ondersoek word. Die woordvoerder van die stad, Jordan Griffiths, sê ‘n fluitjieblaser het verklap dat die ANC buitensporig baie vir die grond betaal het: