Valieva kan skaats

Die Arbitrasiehof vir Sport het beslis die Russiese sierskaatser, Kamila Valieva, mag verder aan die Winter Olimpiese Spele in Beijing deelneem. ‘n Paneel bemiddelaars het besluit dit was binne die Russiese Agentskap teen Verbode Middels se bevoegdheid om Valieva se kortstondige skorsing op te hef. Die Agentskap het haar geskors nadat sy positief getoets is vir die gebruik van ‘n verbode middel weke tevore. Die hof sê om te keer dat die Russiese sierskaatser meeding, sal haar onherstelbare skade berokken. Sy sal na verwagting môre aan die individuele sierskaatskompetisie vir vroue deelneem.