Vakbondleier: NDF se voorwaardes vir weermagrekrute is diskriminasie

Die oproep vir indiensnemings-aansoeke deur die Namibiese Weermag het ‘n paar vrae oor sekere van die voorwaardes laat ontstaan. Onder die voorwaardes is dat aansoekers ‘n Covid-inentingsertifikaat moet indien en ‘n sekere simbool in Engels moet hê. Vakbondleier Mahongoro Kavihuha, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie vlak van diskriminasie is onnodig.