Vakbondleier loof Geingob se werker-aanmerkings

Namibiese President Hage Geingob loof die verhouding tussen die regering en vakbonde en sê hulle is revolusionêre vennote wie se samewerking altyd in die belang van nasieskap is. Geingob sê dié verhouding is vroeër vanjaar bewys tydens die onderhandelinge vir salarisverhogings vir staatsamptenare tussen die Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, en die regering, tydens ‘n uitdagende ekonomiese situasie. Hy beklemtoon dat die gevolge van ‘n staking deur staatsamptenare te midde van moeilike ekonomiese toestande die land tot op die rand van ‘n ekonomiese ramp kon geneem het. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers, gee sy reaksie op die verklaring van die President.