Vakbonde se geduld is op, oorweeg nou opsies oor salarisse

Vakbonde distansieer hulself van voorstelle van die Namibiese regering dat staatsamptenare geduldig moet wees oor hul salarisverhogings. Hulle gaan hul kruisies trek om die pad vorentoe te bepaal. Die regering sê dit is nie in ‘n posisie om hulle voorlopig enige salarisverhogings toe te staan nie. Dit volg ná dr. Peya Mushelenga, inligtingsminister, die parlement ingelig het oor die stand van salarisonderhandelinge tussen die regering, die Namibiese Nasionale Onderwysers-unie en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers is. Staatsamptenare is sedert die 2016-boekjaar nie ‘n salarisverhoging toegeken nie. Loide Shaanika, die sekretaris-generaal van die Namibiese Onderwysersunie, Nantu, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê hul geduld is op.