Vakbond werf lede in die Suide

Die Verpleegstersvakbond van Namibië is tans besig om lede in die Suide te werf. Hulle het Maandag op Oranjemund afgeskop en was gister op Rosh Pinah. Vandag is hulle op Lüderitz en môre op Keetmanshoop. Junias Shilunga, sekretaris-generaal van die vakbond gee meer inligting oor die veldtog.