SA-skooluniforms moenie by geslag bepaal word nie

Die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Geslagsgelykheid wil hê die Departement van Basiese Onderwys moet ‘n nie-diskriminerende beginsel in sy nasionale riglyne oor skooldrag insluit. Die kommissie doen ‘n beroep dat skooluniforms ‘n menseregte-perspektief en –benadering kry om LGBTIQ+ leerders te beskerm teen afknouery en ontneming van gelyke toegang tot onderwys. Kommissaris Busisiwe Deyi sê die bestaande nasionale konsepriglyne gee nie behoorlik aandag hieraan nie. Deyi glo leerders moet toegelaat word om ‘n uniform te dra wat pas by hulle geslags-uitdrukking: