Vakbond vra ingryping om mynwerkers te help

Die Jeugstruktuur van die Mynwerkersvakbond in Suid-Afrika versoek die minerale hulpbronne-departement om in te gryp in die stryd teen die aflegging van mynwerkers. Die sektor sal na verwagting ongeveer 35 000 werkers aflê. Dit is die gevolg van operasionele vereistes weens uiteenlopende toestande by verskillende myne. Die adjunksekretaris van die vakbond se Jeugstruktuur, Nuel Phatlane, sê meer as tien myne het reeds met afleggings begin, terwyl ander kennisgewings uitgereik het van voorgenome afleggings.