Vakbond gee lenings aan NBC-werkers

Die nasionale uitsaaier NBC se werkers wat deur die afgelope staking geraak is toe hulle nie salarisse ontvang het nie, sal ‘n sagte lening van die Unie vir Staatsamptenare in Namibië kry om hulle deur die maand te help. PSUN se adjunk-sekretaris-generaal, Ujama Kaahangoro het gesê die vakbond sal 200 000 Namibiese dollar beskikbaar stel. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Professoniele Media-vakbond, Sackeus Iileka, het aan Kosmos 94.1 Nuus sy mening gegee.