Vakbond begin staking teen Little Green Beverages

Die vakbond vir algemene nywerhede, Giwusa, begin met ‘n wettige staking teen Little Green Beverages, wat goedgekeur is deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie. Die dreigende staking word aangevuur deur griewe oor die gebrek aan bonusse, oortydbetaling, risikoversekering en gevaarlike werksomstandighede. Werkers in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes- en Oos-Kaap bepleit al meer as drie jaar lank ‘n inflasie-aangepaste salarisverhoging. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê nadat hulle vakansietyd vir die maatskappy se sukses opgeoffer het, eis werkers billike vergoeding.