Windhoek Stadspolisie keer onwettige produkte voor

Die Windhoek Stadspolisie het beslag gelê op ‘n groot aantal sakkies harde drank en sigarette. Die presiese waarde van die items moet nog vasgestel word, maar is na raming sowat 100 000 Namibiese dollar. Dit was die oplettenheid van die eienaar van ‘n grootmaatvervoer- en logistieke maatskappy wat gelei het tot die konfiskering van die produkte, wat die Namibiese grens onwettig oorgesteek het. Die polisie het beslag gelê op 41 sakke van 50 kilogram elk gevul met whisky- en rumsakkies, en 44 kartondose Yes-sigarette. Vyf verdagtes is sover in hegtenis geneem. Superintendent Willem Haufiku van die Stadspolisie het meer besonderhede.