Vakante poste in SA hoër howe
Die Regterlike Dienskommissie in die buurland het begin om onderhoude te voer met kandidate wat meeding vir verskeie vakante poste in hoër howe in Suid-Afrika. Dit sluit die pos van president van die Appèlhof in, wat die huidige adjunkhoofregter, Mandisa Maya, beklee het. Judges Matter se navorsings- en voorspraakbeampte, Mbekezeli Benjamin, het gesê die weeklange onderhoude sal plaasvind met ‘n nuwe kriteria vir kandidate wat sal verhoed dat ongetoetste bewerings aan hulle gestel word.