Vaardighede, kennis ontbreek met bio-ekonomie ontwikkeling

Namibië poog om ‘n veerkragtige bio-ekonomie te vestig teen 2028. Die mikpunt is die volhoubare gebruik van bio-bronne om lewenstandaarde in landelike gebiede te verbeter. Maar, daar is uitdagings, nie net met die nodige infrastruktuur nie, opleiding en kennis ontbreek, soos die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham verduidelik.