Uutoni is verkeerd, dis ‘n Swapo-probleem!

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, wat sê streeksrade moet ophou om fondse in bankrekenings te hou wat vir ontwikkeling bedoel is of, wat in noodsituasies aangewend kan word. Die sekretaris-generaal van die All People’s Party Vinsent Kanyetu sê die probleem is baie groter as net die streeksrade, dis ‘n inherente Swapo-probleem.